10 results found for: “Vladimir_Putin”.

Request time (Page generated in 0.2645 seconds.)

Wladimir Poetin

RussianSpy: Vladimir Putin Geargiveer 16 Desember 2007 op Wayback Machine Putin and his judo activities An apparatchik president? Why Russia expects Putin to stay...

Last Update: 2024-03-31T11:57:36Z Word Count : 12934

View Rich Text Page View Plain Text Page

Garri Kasparof

Putin "heir" on course to win Russia election: poll Eli Lake (17 Junie 2012). "Chessmaster Garry Kasparov Is Determined to Checkmate Vladimir Putin"...

Last Update: 2020-06-16T02:44:29Z Word Count : 727

View Rich Text Page View Plain Text Page

Aleksei Nawalni

Besoek op 9 Februarie 2011. Matthew Kaminski (3 Maart 2012). "The Man Vladimir Putin Fears Most (the weekend interview)". The Wall Street Journal (in Engels)...

Last Update: 2024-02-21T20:15:24Z Word Count : 1245

View Rich Text Page View Plain Text Page

Kerk op Bloed

Wayback Machine BBC News, Church marks killing of Russian tsar President Vladimir Putin and German Chancellor Gerhard Schroeder visited the Church-on-the-Blood...

Last Update: 2022-10-18T09:27:04Z Word Count : 545

View Rich Text Page View Plain Text Page

Russiese inval in Oekraïne sedert 2022

6 Maart 2022. Heintz, Jim; Isachenkov, Vladimir; Karmanau, Yuras; Litvinova, Dasha (27 Februarie 2022). "Putin puts nuclear forces on high alert, escalating...

Last Update: 2024-01-05T13:56:51Z Word Count : 12279

View Rich Text Page View Plain Text Page

Mikhail Pletnev

Eerste Klas van die Russiese Federasie deur die Russiese President, Vladimir Putin 2005: Grammy-toekennings van 2005: Beste Kamermusiekopvoering saam met...

Last Update: 2023-10-03T08:44:38Z Word Count : 1237

View Rich Text Page View Plain Text Page

Pussy Riot

Augustus 2012. Carole Cadwalladr (29 Julie 2012). "Pussy Riot: will Vladimir Putin regret taking on Russia's cool women punks?". The Observer. Londen....

Last Update: 2023-08-18T19:53:56Z Word Count : 972

View Rich Text Page View Plain Text Page

FSB

ISBN 0-14-028487-7 Alexander Litvinenko at the Frontline Club accusing Vladimir Putin of the assassination of journalist Anna Politkovskaya Geargiveer 10...

Last Update: 2024-04-23T10:58:47Z Word Count : 881

View Rich Text Page View Plain Text Page

Iwan Iljin

Routledge. bl. 306–337. doi:10.4324/9781003017097-15. ISBN 9781003017097. "Vladimir Putin sits atop a crumbling pyramid of power". The Guardian. 27 Februarie...

Last Update: 2023-08-07T15:26:36Z Word Count : 740

View Rich Text Page View Plain Text Page

Michael Lucas

Machine, Harker Jones, AVN, 12 Maart 2009. 22 Russians Who We Won't Let Vladimir Putin Forget Were LGBT advocate.com, 6 Augustus 2013 Great Exxxpectations...

Last Update: 2023-11-24T11:15:23Z Word Count : 772

View Rich Text Page View Plain Text Page

Main result

Wladimir Poetin

Wladimir Wladimirowitsj Poetin (Russies: Влади́мир Влади́мирович Пу́тин; gebore 7 Oktober 1952) is ’n Russiese politikus. Hy was van 2000 tot 2008 die tweede president van Rusland en daarna vier jaar lank eerste minister onder Dmitri Medwedef. Met die presidentsverkiesing van 4 Maart 2012 is hy weer verkies tot president vir 'n verlengde termyn van ses jaar. Hy is op 7 Mei as president beëdig. Hy het op 31 Desember 1999 waarnemende president geword nadat Boris Jeltsin die amp neergelê het. In 2000 het hy die presidentsverkiesing gewen en in 2004 is hy vir ’n tweede termyn herkies tot 7 Mei 2008. Hy kon volgens die Russiese grondwet nie vir ’n derde agtereenvolgende termyn herkies word nie. Poetin was tydens sy termyn as premier ook voorsitter van Verenigde Rusland, ’n party wat 70% van die setels in die Staatsdoema (laerhuis) het. In September 2011, nadat die wet verander is om die presidensiële termyn van vier na ses jaar te verleng, het Poetin aangekondig hy sou hom vir nog ’n termyn verkiesbaar stel in die Russiese presidentsverkiesing van 2012. Dit het gelei tot grootskaalse protesoptogte in baie Russiese stede. Hy het die verkiesing in Maart 2012 gewen en dien tans ’n termyn van ses jaar uit. Poetin het sedert 2000 weer politieke stabiliteit en ekonomiese vooruitgang gebring en die krisis van die 1990's onder Jeltsin se bewind beëindig." Nadat hy president geword het, het die Russiese ekonomie nege jaar agtereenvolgens gegroei, armoede is met meer as 50 persent verminder en die gemiddelde maandelikse salaris van burgers het van $80 tot $640 gestyg. Hy het Rusland ook gevestig as ’n energie-supermoondheid. Poetin se bewind word deur baie Westerse waarnemers as ondemokraties beskou, veral weens sy onderdrukking van persvryheid en sy hardhandige optrede teen betogers en teenstanders van die regeringsbeleid. In 2014 is Rusland uitgesluit uit die G8-groep weens die land se anneksasie van die Krim. In Rusland is hy egter baie gewild omdat hy stabiliteit en welvaart gebring het. Dit is onder meer weerspieël deur die feit dat sy gewildheid sedert einde 1999 tot aan die einde van sy tweede ampstermyn nooit laer as 50% gedaal het nie en in Junie 2007 selfs tot 81% gestyg het, volgens ’n meningspeiling deur die Lewada-sentrum in Rusland. Hy was ook die tydskrif Time se Persoon van die Jaar vir 2007. In die media projekteer Poetin van homself dikwels die beeld van ’n sportiewe, sterk manlike karakter en buitelugmens wat sy politieke selfbeeld as sterk leier (wat ook die fisiese energie het om in diens van sy land hard te werk) versinnebeeld. Hy vertoon dikwels sy fisieke vermoëns en neem deel aan ongewone of gevaarlike bedrywighede soos ekstreme sport. Hy is ’n groot aanhanger van die vegkunste en was in sy jong dae verskeie kere die kampioen van Leningrad in judo en sambo. Hy het ook ’n groot rol gespeel in die ontwikkeling van sport in Rusland, veral om Sotsji te help om die bod vir die Olimpiese Winterspele 2014 te wen. Nogtans het sy tyd as medewerker van die Sowjet-Russiese geheimediens KGB hom geleer om andersins 'n lae profiel te handhaaf; so word hy dikwels as "gesiglose man" beskryf. Russiese oligarge, wat hul luukse leefstyl ál te duidelik in die openbaar vertoon het, is deur Poetin openlik in die media of in privaat gesprekke gewaarsku en aangeraai om hul president se voorbeeld te volg.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search